![]() |
| Carmen du Plooy |
|
1. Eerlik
|
|
Eerlik die lewe wat ek lei in al sy kunsmatigheid het verdor in die afwesigheid van perspektief en die stukke wat oorbly is toe onder die stof - realiteit want jy kan net so lank vir jouself jok en jy kan net so vinnig vir jouself weghardloop voordat jy jouself inhaal en sodra die spieel vir jou die werklikheid wys is terugdraai nie 'n opsie nie en begin jy hoop teen alle hoop dat more hom sal oopmaak - dan verstaan jy wat dit werklik beteken om met jouself een alleen eerlik te wees die afwesigheid van geheime en skadu-skanse veroorsaak 'n kaalvoet staptog deur die lewe waar elke doring elke klip wat deurdring tot jou siel en jou gewete deurboor herinner aan die verlede en spookdrome van jou verleentheid en dit laat mens wonder oor die prys van liefde en skielik besef jy dat eerlikheid al is wat jy het (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Carmen du Plooy hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |