![]() |
| Beverly |
|
1. Bagus
|
|
Bagus Lank voor geboorte, geëin, gekoop Bewus van my erfpors, my Familieboord. En net soos voorspel, presies op tyd; Ek was reg om te oes, vrugbaar en ryp. Ongevraagd het jy jouself binne genooi, Skelm kom lepellê, saam in my kooi. Rangkende arms het my liggaam bedek, In jou lieste gaan lê en jou afgelek. My glas gekleur deur die herfsblaargloed, My lot verseël, my geluk vervloek. Are deurdrenk met verslawende bloed (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Beverly hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |