Barry Meiring
1. Die Dromer

2. Vir My Vrou

3. ‘n Geheime Kwaad

4. Die Kringloop van Hoop



Die Dromer
Die Bybel sê
luiaard kyk na die mier
kyk hoe hard werk hy!

En ek dink…
Is ek ook ‘n luiaard?
want ek werk nie soos hard soos ‘n mier nie!

Of, is ek miskien…
net ‘n dromer…
‘n dromer, wie se kop vol prentjie mooi verhale
met sprokie eindes besaai is?

Maar, kan drome nog werklik waar word vandag?
In hierdie tye, van oorlog, hongersnood, moord,
die mensdom in totale verval?

Is daar nog plek vir drome?
Is daar nog hoop?

En my oë val toe, my lippe prewel,
want ek is klein en Hy is Groot!

Ek maak my oë stadig oop vir ‘n nuwe dag,
die son skyn helder, die voëltjies sing.
En ek voel die warm sagtheid van my maat…

En dan besef ek!
‘n Nuwe toekoms vol hoop en mooi drome,
met sprokie eindes…
begin met elke liewe dag!

(terug)


Vir My Vrou
Jou oë smeulend, sag en bruin
soos ‘n vars geploegde land na reën.
Jou mond poffende pienk flees
wat woorde soos nektar laat uitvloei.

Hier kan ek hulle nie onthou nie,
maar ek onthou hulle soos gister.
Jou hare gladde goudbruin strale
soos die wind deur ‘n koringland
speel my vingers deur hulle.

Hy langs jou lenig en sterk
met sy arms beskermend om jou.
Die water stoot skielik op in my,
‘n brekende brander wat alles nat spat.

Tyd en herinneringe; dis al wat ek nou oor het.
Hoe snaaks is dit nie, want ‘n wêreld waar ‘n leeftyd
in ‘n oogwink verby is,
kan ‘n oomblik vir ewig aanhou leef
asof vasgevries om weer en weer
gesien, onthou, gekoester te word.
Tot my arms weer beskermend om jou kan vou.

Met liefde volle groete
jou eensame, afwagtende man.

(terug)


‘n Geheime Kwaad
Hoekom laat ek toe
vir hierdie donker skadu om in my hart te sluip?
Hoekom voed ek sy gedagtes, sodat dit soos ‘n onkruid
ongesiens in my groei.

Soos ‘n spinnerak wat my verstrengel
word ek nou vasgevang in ‘n hok sterker as staal.

Want...
Dit leef in my gedagtes in die dag
en groei...
Dit is my drome in die nag
en ek bloei...

Help my!
Maar my mond is toe.
Help my! wil ek skree.
Maar ek weet geen klank sal my verlaat,
want my skaamte is groter as my verraad.

Net ek alleen kan hierdie ommekeer maak;
hierdie siekte uitbraak.
Sodat ek alleen weer kan opstaan,
my pad boontoe kan maak;
kan staan in die lig en weer asem kan haal;
van vooraf my naam kan maak!

Dink aan my in hierdie tyd...
Ek pleit dit by jou!
Amen...

(terug)


Die Kringloop van Hoop
Jy kom uit die blomknop,
die pragtige nuwe bloeisel.
Jy suig na jou eerste asem en
die vensters van jou siel ontwaak,
en kyk stip in myne.

‘n Gloed skiet op deur my hele wese, want in ‘n oogwink het jy al die poorte in my ontsluit.
Jy bedwelm my tot in my diepste menswees,
sodat ek soos ‘n dwaas weerloos voor jou staan met my hart in jou hande.

Ek die een wat jou moet lei
word deur jou gestuur.
In jou spieels sien ek ‘n woord wat nie elke dag meer vir die mensdom bestaan nie; ‘n reenboog van hoop.

Waar daar miskien nie altyd ‘n pot van goud op ons wag nie, is daar wel is meer besonders:
‘n nuwe lewe in almal van ons!

Mag ek, mag ons almal so geseend soos jy wees om dit altyd te kan sien en te ervaar.
Mag ek, met die bloed wat ons deel jou help om dit noot uit sig te verloor.
Mag ek my toets slaag, sodat jy eendag in my voete kan staan,
sodat die kringloop van hoop weer van voor kan begin.

(terug)