![]() |
| Antonette |
|
1. Winterjas
|
|
Winterjas Toegevou in my winterjas my Josef's kleed gewaad hou ek buite koue - haat knus my jas wat pas om my mens wees vlees weerhou van my bang - vrees warm en gansdons sag my lekker knus pas jas wat my laat skater lag want ek is vry vry van vrees, vry van haat, vry van bang wees vry van koud kry hier in my warm winterjas. (terug) Bestaan Vlinders om die maan sterre omraam die prag silwer van die nag goud breek nuwe dag sonskyngeel omhulsel diep die hemelblou koel streel die wind oor die lewe se seer rou branders breek op sand rol in en uit, in en uit soos reënveër oor ruit druppels weg voer vlinders om die maan ek op eie wentelbaan jy my reisgenoot loop ons paaie voort (terug) finaal die wiel het gedraai uurglas verstik in sand gebreek 'n vriendskapsband nooit sal dit weer wees nie in siel - nie in gees te veel afdraai paaie geloop verwerping alle geloof gesloop geen waarheid in woorde net gebroke akoorde (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Antonette hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |