![]() |
| Anton |
|
1. Liefdesmaat
|
|
Liefdesmaat Woordspelmaatjie hartsteeldaadjie Minlik sagte liefdespraatjie Singspeelmaatjie helderlagkordaatjie Heerlike liefdeskarmenaadjie (terug) Liefde Liefdesmaat Rykste genade Verruk verkwik vervul Vanuit Hemel ‘n gawe Hartewens (terug) Liefdeswoorde Wat bemindes vir mekaar sal sê Is wat ons ook vir onsself wil hê Om liefdeswoorde vir mekaar te leer Is iets wat ons diep binne ook begeer Om gedagtes van hartstog te vertaal In liefdeswoorde -‘n duisend maal En spontaan te sê wat liefde ons bied ‘n Heilige liriek van ons eie minnelied (terug) Aandgroet-Oggendgroet Oor horison sak die son weer sag en werp klouterskadus oor vandag Saamwees het stilweg verbygegly en donkerte het gekom om by jou te bly My sagste kus en streling stuur ek vir jou Gedagtes van ons saam in liefde toegevou Soet tussen die sterrekindertjies vannag Slaap so, my beminde, tot douvoordag In gedagtes weer by jou na die moredou Om in sonskyn ons liefde verder uit te bou Met blye herontmoeting in elke oggendlied Word ‘n saamweeskelkie ons aldag aangebied (terug) Teetyd Twee teekoppies met harte omraam Vertoon soos beskore hul inhoud tesaam In goud ‘n boodskap van warme samesyn Geskink met liefde uit een ketelfontein (terug) Hemelkragte Soos verval in vaste wentelbaan Van stille plig en gewoonte tesaam Word saamwees se magiese liefdeskrag Koud en grou in die donker ruimtenag Soms spoed ‘n komeet verby - onverwags en gerig Vol helder kosmiese belofte - energiek en verlig So word vaste bane se verloop soms betyds bevry Om op ‘n nuwe koers in die hemelruim voort te gly Die gang van die heelal word altyddeur so bepaal As energievelde en kragte wat ontstaan, maar dan weer faal So is liefdesbande van mense ook iets wat kom en gaan Uitgelewer aan Hemelkragte binne ‘n Aarde lewensbaan (terug) Al-tyd Dae en weke vlieg alomverby Snel met volstoom vorentoe ratte Onstuitbaar ook daarmeesaam Sovele kosbaar geleentheidsskatte Tyd vir gedagtereise saam Hier of op veraf melkwegstrande Word deurentyd verswelg Deur dienswerk se offerhande Ongenaakbaar en vaartbelyn So is onse tyd se vlerke Altyd op Koers en volgens Plan Ongeag van wie se wil of werke Koester dan aanstoots nou Die heilige vrienskapsjuwele Want more bring vir Ewig daarna Die spore van ons vandagstonele (terug) Liefdesbande Soos ‘n sterrekrans helder skyn met skitterglans Met ruimte-engele wat vreugdevol sing en dans Is lewenstye van geliefdes sagkens inmekaargeweef As 'n tapisserie van mooi oomblikke wat hul saam beleef So word mense soms met liefdesbande heg verbind En meegevoer op die vleuels van tyd se ruimtewind Vir mekaar soos juwele met allerheilige bewussynswaarde Is hul medegetuies van 'n stukkie Hemel op onse Aarde (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Anton hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |