Anthony Augustus
1. 'n Gedig aan Zoë

2. Die digters droom



'n Gedig aan Zoë
Vandag soos ons afskeid neem
met 'n geween van trane
is ons vertroosting in ons maker
Hy weet als en verstaan.

Soos jy was wil ons jou onthou
soos jy was wil ons jou behou
soos jy was wil ons jou vashou
in ons gedagtes,
soos jy was sal ons jou altyd maar altyd onthou
ons lieflike geskenk van God
Zoë...

Vandag is spesiaal
omdat waar jy is weet ons
in ons harte jy's veilig
in die blomtuin van God
waar jy hoort want jy is en was een van sy mooiste rose...

Rus in vrede

Van jou mammie , daddy en jou weie familie-kring.

(terug)


Die digters droom
Ek's gebore uit die smarte
van armoede
en loop met die droom van more
vandag
my hart na hunker na geluk
en ek sidder as dink
my tronk het nie 'n deur
slegs oë...

Die digters lewe
'n lewe so eensaam maar tog
uniek.

(terug)