![]() |
| Ans Coetzee |
|
1. DOMINEE 2. ‘n KLEINDOGTER SO SPESIAAL SOOS JY...
|
|
DOMINEE “Wie op Jesus wag dié gee Hy krag” Dit is die boodskap so baie deur U gebring Waar ek platgeslaan en moedeloos wag Is dit u wat troos en hoop in liefde bring U laat my in geloof weer in die toekoms glo En wat vir probleme oplossings bied van BO Wanneer ek nagte langs ‘n siekbed sit Die vrees en wanhoop my verouder Kom jou hand vertroostend op my skouer U vat ons hande saam en bid ‘n Gebed wat hoop en geloof weer laat opvlam Vanuit my hart koud soos ‘n ysberg vol twyfel bring u hoop en vreugde vir my mee Soos ‘n gletser wat van ‘n ysberg los skeur smelt en een word met die see so laat u die twyfel uit my hart los skeur en een word met hoop wat God gee Dominee die Jesus eienskappe binne jou Leer ons om meer op God te vertrou Wanneer wanhoop en onsekerheid weer opvlam My geloof in God se krag, laat kwyn Bring U dominee deur Gods genade weer hoop U laat die wanhoop en onsekerheid verdwyn Soos die natuur elke more in geloof op God wag so leer U my om in geloof op God te wag Soos die strale van die son daagliks in geloof skyn So pyn ongeloof en wanhoop dikwels binne my U leer my bid en my probleme vir God te gee En met dankbaarheid sy liefde te ontvang saam daarmee Dominee u wat u Jesus eienskappe oor ons laat skyn Maak dat alle ongeloof en wanhoop verdwyn Wat ons geloof laat ontwaak soos die natuur Wat tot in ewigheid sal duur (terug) ‘n KLEINDOGTER SO SPESIAAL SOOS JY... Wanneer jy met jou ogies opkyk na my Ek die liefde en omgee sien blink Besef ek hoe bevoorreg ek is Om ‘n meisiekind so spesiaal soos jy Wat my lewe met liefde verbly As my kleindogter te kan hê Hartseer wat onverwags jou pad kruis Beroof jou van kinderlike geluk laat jou onder emosionele druk Dit breek my hart soos duisende stukkies glas Wanneer traan druppels groot jou groen ogies met hartseer laat blink en my aan skanse teen jou seerkry laat dink ek vra Jesus om jou op sy skoot te tel teen sy bors roep jy jou hartseer vaarwel Só my meisiekind kom jou hartjie tot rus laat jy die skeiding op Jesus se leiding berus Jou hart is met emmers liefde deur Jesus gevul wat jy mildelik gee en harte met vreugde vul Dankie vir dié spesiale liefde net vir my wat my hart en lewe elke dag verbly Jy as geskenk van Jesus aan my op aarde Vul my lewe met soveel waarde Ek leer jou om ongeluk uit jou lewe te hou deur aan die voete van Jesus te sit Die dag as Jesus my na die hemel kom haal My meisiekind sal jy steeds weet jy is spesiaal Want wonderlike herinneringe word behou Want ons het ‘n lewe met liefde en gebed gebou Dankie vir jou omgee en liefde my meisiekind Wat jou en my vir ewig saam aan Jesus verbind (terug) SOOS SAND TUSSEN MY HANDE Jesus as ek sand vashou in my hande En dit tussen my vingers deurloop so is ek soms hulpeloos in my geloof ek bid en vra sonder om God te loof Soos om water te skep met my hande En die water deur my vingers vloei So laat ek Gods geleenthede wegvloei Sonder om dit vas te gryp of te gebruik Ek leef voort in eiewaan asof God nie bestaan Wanneer dinge gebeur op my lewenspad Wat my eie ek laat wankel Wil ek ongeduldige antwoorde hê van God Waarom God dit met my laat gebeur as ek leeg gehuil sonder emosies in wanhoop op my knieë neersak Word dit stil binne my en ek kry die antwoord God U is ‘n God van liefde en omgee Daarom laat U my op my knieë neersak Sodat ek my eie belangrikheid kan vergeet Want u bewaar my siel van seerkry Keer dat ek vir ewig in die hel gaan bly Dankie Heer U laat my nie my eie lewe beheer U vang my sandkorrels van ongeloof Verander dit in ‘n rots van geloof Die lewenswater van geleenthede vang U op en laat dit soos ‘n donderstorm oor my reën Daarom, Jesus kan ek weer lag My geloof is geanker in my God se krag. (terug) JOU SIEKTE MY MAN My man vanoggend word ek wakker Al die tekens van jou siekte daar Deur vrees aangewakker Voel ek so magteloos en onklaar Die siekte aanval bekruip jou vinnig Jy ruk en jy krul en het geen benul Van die angs wat my vul So deur jou onvermoë en swaarkry prewel jy jou liefde vir my Ek is soveel keer hier deur Hoekom moet dit weer gebeur Hulp is dringend nodig besef ek beangs En bel vinnig die ambulans Terwyl ek wag begin ek God stil verwyt Het ek nie genoeg gely en gepleit? Hoeveel keer nog begin ek wonder Gaan God my vir beproewing uitsonder Ek vra God wanneer gaan dit ophou ek moet God volkome vertrou Maar in my swakheid Heer Vra ek maar weer en weer Hulp kom vinnig en neem beheer Ek prewel sag in angs “Here gee hom nog ‘n kans” Dit word kalm binne my God het ons nog altyd gedra Dikwels sonder dat ons daarvoor vra Met u genade nog vars in gedagtes Bid ek dankbaar tot My Heer Aan u kom toe alle eer. (terug) MY BLOU OGIES KIND Met jou ogies blou somtyds grou Met jou laggie skaam En jou liefde so spontaan wen jy harte op ‘n streep En sorg dat niemand jou kan vergeet Ek dra jou aan Jesus op In eerbied vra ek dat Hy moet sorg Dat Jou blou ogies altyd blink Sodat daar ‘n mooi toekoms op jou wink Jou drukkies en soentjies ongevraag Jou vreugde laggies elke dag Jou liefde so spontaan Dit veroorsaak dikwels ‘n traan Van vreugde en van vrees want jy ouma se aapstertjie En mamma se prinsie Hoe kan ons jou beskerm Teen die seer van die lewe? Ons vra Jesus om Hom oor jou te ontferm Met dinge buite ons beheer kan ons tog so baie van Jesus leer Deur gebed plaas ons jou my kind In ‘n sirkel van Jesus liefde wat jou aan Hom bind Daarin my kind vind jy jou lewens krag Om die lewe se eise voluit te vermag. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Ans Coetzee hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |