![]() |
| Annemie Bedingfield |
|
1. Verby
|
|
Verby Woorde steek Skerp in my keel. My glimlag is Gesteel. Trane warm oor my wang. Alleen, Koud, Bang. Ek was vir jou, En jy vir my; ‘n ‘wou wees’. Nou is ons nie. (terug) Jy Met ronde woorde skilder ek jou. Op hierdie plat papier. Die TV lig se blou dans doelloos teen die muur. Jou glasie is dol leeg, Jou woorde het gegaan. Jy het ophou beweeg Maar jou dink hou net aan. Jy dink klaar aan die volgende dag En al die jare daarna. Jy met jou spierwit glimlag ; Het reeds die antwoord op almal se vrae. Ek het jou lief, ek’s lief net vir jou. Jy wat my drome met al jou dinke bou. (terug) Groei Tyd tik –tak verby. En jy groei... Al hoe verder van my. Jou vingertjies so lank soos jou handjies eens was – Pak nou self jou klere in die kas, Elke dag doen jy so bietjie meer, En ek so bietjie minder Eendag sal jy wegvlieg soos die vlinder Wat eens in my net gefladder het. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Annemie Bedingfield hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |