![]() |
| Annemé Duvenhage |
|
1. Geitjie 2. Op die punt van 'n gebroke hart
|
|
Geitjie Salig onbewus van jou, maak ek die deur oop Jy seil saam met my in, tjoepstil. Eits! Jou deurskynende blikemmer skrik ek nou my nou half morsdood. Trek versigtig uit en hou jou so dop met net een oog terwyl ek rondspring in die hoop dat jy nie onder my voete beland nie. Nou kyk jy vir my terwyl ek bad Daai teer swart kraal ogies van jou kyk my verwonderd aan Het jy nog nooi 'n kaal vrou gesien nie? jou pervert... Oe wag my enkel jeuk Flippen muskiete So kleine geitjie wat dink jy? Jou suier pootjies klou aan die muur vloer vas jou snoetjie snuif die stoom asof jy iets bekends ruik. Wat kyk jy my so, koppie skoon skeefsgedraai? So ek praat met myself, big deal. Jy’t nie 'n pa wat skeinheilig is nie Jy’t nie eers 'n pa nie, heel moontlik ken hom seker as die bruin streep net lings van die kombuis wasbak (In tere herinnering, rus in vrede toegewyde pa, getroue man en die beste vlieë vanger op vier pootjies) Wag, ek moet uitklim, sit net daar waar jy is. Agter die asblik, ek sweer... as ek op jou trap is jy net 'n nat kolletjie, net bietjie meer bruin as die waterpoele op die badkamervloer. Jy, ongenooide gas geniet jy die free show? Sekerlik, exits to your right only. Oi, waar kyk jy? Nes 'n ou man in die mans afdeling van 'n ouetehuis, niks gewoond nie, Ek tel my goed op voor jy daarin kan klim. Nou maak ek die deur oop. Is ek jou dêm butler? Seil nogal so ewe pleased hier uit ook. En nou 10 uur in die nag, beloer jy my onderstebo. Daar is niks wat jy nog nie gesien het nie. Tot more aand Mnr. Nuuskierige Geitjie Sien jou agter die asblik sele tyd, sop net dat ek nie per ongeluk op jou wit stertjie trap nie. (terug) Op die punt van 'n gebroke hart Gevoelloos Jy kyk weg in die rigting van die venster Die naelknipper bewe teen my vingers Fok, maar ek’s nou kwaad. Butternut skuur teen my, hy’t geen probleme nie. Hoe kan jy net so iets sê? Net so moed opgee? Is jy dan nie bereid om te veg vir my nie? Naelvyl teen my stomp afgeknipte naels Heen en weer – heen en weer Butternut hou aan skuur, spin tevrede as ek hom streel Gelukkig vir jou, gemmerkat, gee jou wyfie jou nie so baie probleme nie Smack, bang, goodbye meraai. ‘Ek’s moeg geveg en baklei vir jou,’ sê jy vir my, ‘Maar ek het jou lief, ek wil jou nie los nie,’ sê jou oë. Ek’s voor jou op die vloer, kruisbeen soos 'n hulpelose vyfjarige ‘Ek kan jou in die pad steek net omdat jy vol kak is maar weet jy, ek’s te lief vir jou Ek kan sê gaan weg, maar ek kan nie, my skat.’ Ek huil saggies trane van pyn maar jy kyk weg. As jy weer vir my kyk, is jou blou oë nat en jou frons net 'n herinnering van gedagtes vêr verlore. Ek smeek jou, dink ek, moenie ry nie. Jy vat my wang saggies met jou groot grof gewerkte hande trek my nader en soen my asof die wêreld daarvan afhang Ag gaan weg, Butternut nou is nie die tyd om my vingers te kou nie! ‘Ek is lief vir jou, sê jy en net vir jou sal ek vasbyt. Maar my draad raak kort...’ Dankie dankie dankie! Die waarheid van die woorde wat by jou mond uitkom trek by die mure en in my hart in. Daar waar die reuk van jou liefde altyd sal vasklou. Ek sit in jou arms En Butternut spin salig vir my part. (terug) Die Bedekte Waarheid Diep binne my is daar 'n hart waar ek al my eensaamheid droefheid ongelukkigheid wegsteek en in my hartskamer gaan kruip Ware Ek weg elke keer wanneer ek seerkry of verwerp voel Elke keer gaan Ware Gevoelens en verdwyn in my hart in 'n hoek iewers. Die paadjies van my hart is onbewandel Hier en daar 'n portret herinnering teen my hartsgangmure opgesit Oral lê soeweniers wat ek saamdra daar lê 'n boek hier 'n stukkie hoop waaraan ek vasklou daar lê 'n verlepte blom Ek kom by 'n deur op hom staan Droefheid Ek maak hom oop Daar is my ouma sy het die vlerke van 'n engel My gebreekte harte in flesse in rye op die rak gepak Agter in die hoek staan 'n kis op hom staan Jaloesie Maar jy kom in vat dit weg, haal dit uit. Jy strooi rose op die paadjies jy los vir my boodskappies teen die mure Jy sê ek is lief vir jou en verf my hart rooi met warm liefde jy raak aan my gesig maar ek voel jou vingers saggies my hart streel. Al die swart, vat jy weg jy vervang dit met wit duiwe wat koer-koer vir ons 'n liedjie sing Jou liefde omvou my hart en draai dit toe in omgee en net omdat jy speels is draai jy 'n rooi strik om. Jy maak my heel, my hart is gelukkig. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Annemé Duvenhage hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |