Annemé Duvenage
1. ONGELOOF

2. SEE

3. VRYHEID IN DIE KOSMOS

4. Geitjie

5. Op die punt van 'n gebroke hart

6. Die Bedekte Waarheid



ONGELOOF
Die wêreld kan ophou draai
die golwe kan ophou tuimel
my ma kan aanhou skree
maar ek bly lief vir jou.

Bome kan pienk blare dra
global warming kan oorneem
blomme kan mense begin eet
maar jy sal nogsteeds my enigste wees.

Perde kan horings kry
varke kan vlieg
walvisse kan bo grond rondloop
maar jy is vir altyd my hart se dief.

Aids kan verdwyn
Mandela kan 800 jaar oud word
ek kan ophou Coke drink
maar vir jou word ek nooit bored.

My foon kan gesteel word
Jesus kan kom
Voëls kan begin praat
maar voor jou is ek verstom.

Al hierdie goed kan gebeur
of nie
maar een ding sal deur
dit alles dieselfde bly
ek is ongelooflik lief vir jou
en dis vir altyd.

13 Oktober 2007

(terug)


SEE

Dis baie laat
en alhoewel ek moeg is,
skryf ek maar nogsteeds,
want die see oorweldig my.
Op die 8ste vloer beleef mens alles.
Die kragtige branders breek woes
teen onbeskermde strande.
Mossels klou vir al wat hulle werd is
teen die see se briesende aanslae.
Hy bekla sy lot.
Hoekom moet hy
wat Vader Water is,
in so groot plek bly,
en so baie diere huisves?
Kon hy nie maar daardie werk
vir iemand anders gegee het nie?

Met hoogwater probeer hy sy bes
om aandag te trek
en te wys hoe kwaad en teleurgesteld hy is.
Sy branders breek en strek vêr
oor die bruingeel sand.

Maar laagwater verloor hy sy energie,
trek hy terug en besef hy
keer op keer
dat hy nie gaan slag
in die vreemde oorlog
teen homself nie.
Sommige dae besluit Vader Wind
om hom te help,
maar nie eers saam
oorwin hulle Sy mag nie.

Ja, so moet Vader Water maar leef,
met kreature, natuurlik en onnatuurlik
in sy vol blou magie…
en so bekla hy elke dag sy lot,
deur miljuisende branders
eensaam te laat breek.

24 April 2007


(terug)


VRYHEID IN DIE KOSMOS

Vryheid – 'n unreachable faraway dream
Dan wonder ma hoekom tienerkind rebel
en eendag haar kinders gaan vertel
van die tralie hel
waarin sy groot geword het.

Vryheid, waar kry ek jou?
In die diepsee blou oë
van ridders?
Op die spookasem wolkies
wat hang net bokant
die son se vinkiegeel bandana?

Liefde…ek vra maar wag nog
vir my ridder op sy ossewa
met 'n bruin boere lyf
en die oë van iemand met siel
en die hart van iemand met geloof.

Gelukkigheid…op 'n groot plaas
met baie, te veel water.
Op 'n basiskamp in die lugmag
iewers in Pretoria hardloop 'n blondekop.
Almal stukkies van mense wat nog mag kom.

En die wind krap my hare speels deurmekaar
want sy kan
En di sterre loer vir my met hul growwe gladde glimlaggies
want hulle kan
En ek? Ek kyk op en loop die pad
want ek kan.

2008

(terug)


Geitjie
Salig onbewus van jou, maak ek die deur oop
Jy seil saam met my in, tjoepstil.
Eits! Jou deurskynende blikemmer
skrik ek nou my nou half morsdood.
Trek versigtig uit en hou jou so dop
met net een oog terwyl ek rondspring
in die hoop dat jy nie onder my voete beland nie.

Nou kyk jy vir my terwyl ek bad
Daai teer swart kraal ogies van jou
kyk my verwonderd aan
Het jy nog nooi 'n kaal vrou gesien nie?
jou pervert...
Oe wag my enkel jeuk
Flippen muskiete
So kleine geitjie wat dink jy?
Jou suier pootjies klou aan die muur vloer vas
jou snoetjie snuif die stoom
asof jy iets bekends ruik.
Wat kyk jy my so, koppie skoon skeefsgedraai?
So ek praat met myself, big deal.
Jy’t nie 'n pa wat skeinheilig is nie
Jy’t nie eers 'n pa nie, heel moontlik
ken hom seker as die bruin streep
net lings van die kombuis wasbak
(In tere herinnering, rus in vrede
toegewyde pa, getroue man
en die beste vlieë vanger op vier pootjies)
Wag, ek moet uitklim, sit net daar waar jy is.
Agter die asblik, ek sweer...
as ek op jou trap is jy net 'n nat kolletjie,
net bietjie meer bruin as die waterpoele
op die badkamervloer.

Jy, ongenooide gas
geniet jy die free show?
Sekerlik, exits to your right only.

Oi, waar kyk jy?
Nes 'n ou man in die mans afdeling
van 'n ouetehuis, niks gewoond nie,

Ek tel my goed op voor jy daarin kan klim.
Nou maak ek die deur oop.
Is ek jou dêm butler?
Seil nogal so ewe pleased hier uit ook.

En nou 10 uur in die nag,
beloer jy my onderstebo.
Daar is niks wat jy nog nie gesien het nie.

Tot more aand Mnr. Nuuskierige Geitjie
Sien jou agter die asblik
sele tyd, sop net dat ek nie
per ongeluk op jou wit stertjie trap nie.

(terug)


Op die punt van 'n gebroke hart
Gevoelloos
Jy kyk weg in die rigting van die venster
Die naelknipper bewe teen my vingers
Fok, maar ek’s nou kwaad.
Butternut skuur teen my, hy’t geen probleme nie.
Hoe kan jy net so iets sê?
Net so moed opgee?
Is jy dan nie bereid om te veg vir my nie?
Naelvyl teen my stomp afgeknipte naels
Heen en weer – heen en weer
Butternut hou aan skuur,
spin tevrede as ek hom streel
Gelukkig vir jou, gemmerkat,
gee jou wyfie jou nie so baie probleme nie
Smack, bang, goodbye meraai.
‘Ek’s moeg geveg en baklei vir jou,’
sê jy vir my,
‘Maar ek het jou lief, ek wil jou nie los nie,’
sê jou oë.
Ek’s voor jou op die vloer, kruisbeen
soos 'n hulpelose vyfjarige
‘Ek kan jou in die pad steek
net omdat jy vol kak is
maar weet jy, ek’s te lief vir jou
Ek kan sê gaan weg,
maar ek kan nie, my skat.’
Ek huil saggies trane van pyn
maar jy kyk weg.
As jy weer vir my kyk,
is jou blou oë nat
en jou frons net 'n herinnering
van gedagtes vêr verlore.
Ek smeek jou, dink ek, moenie ry nie.
Jy vat my wang saggies met jou groot grof gewerkte hande
trek my nader en soen my
asof die wêreld daarvan afhang

Ag gaan weg, Butternut
nou is nie die tyd om my vingers te kou nie!
‘Ek is lief vir jou, sê jy
en net vir jou sal ek vasbyt.
Maar my draad raak kort...’
Dankie dankie dankie!

Die waarheid van die woorde wat by jou mond uitkom
trek by die mure en in my hart in.
Daar waar die reuk van jou liefde altyd sal vasklou.

Ek sit in jou arms
En Butternut spin salig vir my part.

(terug)


Die Bedekte Waarheid
Diep binne my is daar 'n hart
waar ek al my eensaamheid
droefheid
ongelukkigheid
wegsteek
en in my hartskamer
gaan kruip Ware Ek weg
elke keer wanneer ek seerkry
of verwerp voel
Elke keer gaan Ware Gevoelens
en verdwyn in my hart in 'n hoek iewers.
Die paadjies van my hart is onbewandel
Hier en daar 'n portret herinnering
teen my hartsgangmure opgesit
Oral lê soeweniers wat ek saamdra
daar lê 'n boek
hier 'n stukkie hoop waaraan ek vasklou
daar lê 'n verlepte blom

Ek kom by 'n deur
op hom staan Droefheid
Ek maak hom oop
Daar is my ouma
sy het die vlerke van 'n engel
My gebreekte harte in flesse
in rye op die rak gepak
Agter in die hoek staan 'n kis
op hom staan Jaloesie

Maar jy kom in
vat dit weg, haal dit uit.
Jy strooi rose op die paadjies
jy los vir my boodskappies
teen die mure
Jy sê ek is lief vir jou
en verf my hart rooi
met warm liefde
jy raak aan my gesig
maar ek voel jou vingers
saggies my hart streel.
Al die swart, vat jy weg
jy vervang dit met wit duiwe
wat koer-koer
vir ons 'n liedjie sing
Jou liefde omvou my hart
en draai dit toe in omgee
en net omdat jy speels is
draai jy 'n rooi strik om.
Jy maak my heel, my hart is gelukkig.

(terug)