Annél Strydom
1. Ons stap deur die voorhekkie



Ons stap deur die voorhekkie
Skuins links voor my vang my oog sy bekende kronkelende takke
Skielik voel ek tuis

Ek dink terug aan die plaas
Sy nou paaie met los klippe en dorings op warm somers dae
Stof tussen my kaalvoet tone

Die droë vaal gesig van Deerpark
Die enigste kleur is sy pienk en vuil oranje blomme
Met krom vinger-takke alle kante toe

Nou staan hy ge’trim’
In ‘n pot in die stad se netjiese tuin
Sonder sy lagie stof

My gedagtes dwaal
Jy is verseker nie my gunsteling struik
Maar jy laat my tuisvoel

(terug)