![]() |
| Anitha Queck |
|
1. Aggeneys se emosies
|
|
Aggeneys se emosies Verdomp of ek wil swets soos Bruytenbach! Ek het geglo dat ek deur die lewe kan lag Maar wreed en hard is my drome vertrap Deur ander se eiewaan, getrap tot bitter sap! Met sterre in die oë en drome in die hart Loop ek my vas teen mense met ‘n klip vir ‘n hart Niks het her waarde, geen letter, geen boek Hier maak hulle eie reels soos hulle dit soek!! Op die agtergrond word my drome geskuif Jy mag nie moerig word vir hulle gefuif Bêre maar jou verf en jou kwas vir ‘n ander dag Hulle het lank nog nie klaar vir jou gelag So ploeter jy voort met bliksems in jou siel En so moet jy wag vir die draai van die wiel Slaap maar op die grond en speel met die hond In ‘n vervalle kultuur, oneties afgerond Is rasisme nou beter? Deur die wind weggewaai? Nee, my fok man, dis nou net omgedraai!! Maak nie saak of dit die oer-oue geslag was wat dit wou ophaal Dis steeds hier, en nou, ons ons generasie bly steeds betaal!! (terug) Namakwaland Versengende hitte brand dag op dag neer Jy wag op verligting, maar dit kom weer en weer Die son verbrand tot die wolke weg Geen plant hier buite kom tot sy reg Dorre bar somer in Namakwaland Emosieloos en droog in die son verbrand Koppies en berge bewe in die golwe van die son Ek sou so graag wou water strooi, as ek maar net kon Verwonderd oor die vlaktes heen wil jy dan weet… Het god dan heeltemal van die stuk aarde vergeet? Alles is warm, taai en moeg – niemand wil dit buite waag Die honde moet loop as hulle die katte wil jaag! Hier is geen crime word heeldag gesê Geen wonder! Die diewe wil seker heeldag net lê! Nie tyd of krag om vinnig te steel. Die hitte is weer-eens heeltemal te veel!! Dis net hier waar dit reën dat die stof so staan! Dit breek nie die hitte, te gou weggegaan! Dit blits en dit donder by Aggeneys verby By Pofadder sal jy dalk ‘n bietjie reën kry. Hier moet ek nog die winter ervaar en kom waag Die kwik daal glo hier gevaarlik laag So wag ek vir die koue kombers wat kom daal Tot die ysvlokkies val sal ek my maar staal. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Anitha Queck hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |