![]() |
| Andries Helm |
|
1. Die Wonderboom
|
|
Die Wonderboom Teen die opdraend uit na Golgota het ons Koning eens sy kruis moes dra. En in die harde grond van darrdie dorre land, het hul die ruwe hout geplant. Hier het hul Hom laat hang in smart en pyn, en toe Hy water vra , toe gee hul Hom asyn. Maar toe die laaste asem deur sy droe lippe fluit het hierdie aarde gebeef en het die son sy oog gesluit. Hier het die Skepper, die een wat alles het. Hom neergebuig, om die verlore mens te red.. Hier het die ruwe hout, die kruis van Golgota "n boom geword, die wonderboom van God"s gena. Want in die barre grond het daar gedrup sy heil"ge bloed en sweet, en al het hul Hom in daardie land nou lankal reeds vergeet, kan ek en jy, waar ons in hierdie wereld gaan, in die skadu van sy lowergroene takke staan. (terug) Geloofsvertroue Bo ons sweef miljoene sterre, elk in vasgestede baan. Sonder ooit een enkele botsing, snel hul deur die ruimte aan. Hoe oneindig groot die werke, hoe onmeetbaar sterk die Hand. Wyer as ons wydste denke le o Heer u skeppingsland. Wonder soet is nou die wete, op my kronkelend lewenspad. Iewers ver in die verlede, het U ook my hand gevat. (terug) Die Keuse Verbly jou jongeling in jou jeug, geniet die lewe, vul jou hart met vreug, Maar onthou as jy die lewe nou so vrolik binnegaan, dat jy ook eendag voor die regterstoel sal staan. Wanneer ons Heer as regter die skape en bokke skei, Dan wys sy heilge vinger die plek vir jou en my. En klink sy stem dan dreunend oor berg en bos en rand, Dan hoor elkeen dit duidelik :Julle aan my regtewrhand, Toe ek honger was en dors het julle vir my kos en drank gegee, En toe ek nakend was het julle my geklee, Siek en in gevangenis het jul my besoek, Betree dan nou die hemelpoort ,jul naam staan in my lewensboek. Maar julle aan my linkerhand, vervloek is jul om in die eew`ge vuur te brand. Want toe ek honger was en dors en naak, het jul die deure voor my toegemaak. dan sal hul wegsink in die donker dal, die diepste poel, die swartste nag waarin `n siel kan val terwyl daar van die ander kant vreugdeliedere uit verloste klink. My vriend, het ek en jy, God`s woord al diep genoeg oordink? (terug) Terugblik Die nag het sy sluier laat sak oor die velde, my vuurtjie en ek in die herfsnag alleen. soos `n rolprent ontvou die herrineringsbeelde op `n skerm in die vlamme aan verbeelding ontleen. Stil verskyn die heldin met haar goudblonde hare soos `n roos in die tuin wat die oggenson groet. So skitter haar skoonheid so glinster haar deugde, so sag rooi haar wange in die aandster se gloed. Dan klink oor die veld die lied se akkoorde, al singende dans sy hier voor my verby.. verbyster van vreugde heken ek die woorde dis `n lied van haar liefde en sy sing dit vir my. So helder die beelde van lank-lank gelede, van trekkers wat dreun deur lande vol graan. Reendruppels wat ruis op groen mielieblare en kinders se laggies as ek saans huistoe gaan. Dan verander die skerm. die beelde word dof, dit rol en dit maal soos wolke of stof. Donker beelde,soos skimme kom skeef voor my staan en ek voel op my wange die nat van `n traan. Sny skerp deur die stilte die kraai van `n haan. Die nag is verby en dis tyd om te gaan. My vuurtjie reeds dood en die kole net as, nes gister se drome, tog klou dit nog steeds hier diep in my vas. (terug) Skemering Rooi verklerur die westerhemel, dis die dag se sterwensuur. Skadus rus sag op die rotse, waar die water murmelind skuur. Stil verskyn die eerste sterre, bakens deur die donker nag. Getuies van die dag se sterwe, profete van 'n ander groter DAG Gloei eens rooi die westerhemel van my kwynend aardse dag. Sal die STER van God's genade aan die donker oewer wag. (terug) Lewe of Dood Die dood; is dit deel van die lewe ? of, is die lewe deel van die dood ? Die vraag het my gekwel, gedring, gedryf van oord tot oord. Geen antwoord kon ek erens kry toe kyk ek in die Woord. Die antwoord het so klein gelyk, maar tog was dit so groot. Hy't net gevra behoort jy aan die lewe, of behoort jy aan die dood? (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Andries Helm hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |