Andre Venter
1. Maar net ek.

2. Golfies.



Maar net ek.
Ek sal dans vir jou,
ek wil jou laat lag.
Vir jou sal ek sterf
vir jou, sal ek wag.

Jou wens is my bevel.
Om jou gelukkig te sien
di’s my belonging.
Di’s al wat ek verdien.

Di’s maar net ek
getooi met klokkies,
op my geruite drag.
Met my kan jy mors
want, di’s maar net ek,
‘n Hofnar - jou gek.

(terug)


Golfies.
Die ontmutting, was ‘n kleine plons
op ‘n spieëlglad waterblad.
Die golfies kring al verder -
verderweg, van die senterpunt,
waar hul ontstaan eens was.

Watervlaktes oneindig groot
di golfies kan al verder stoot.
Oor hindernis en stroom
tot hul later in branders draai
en die spieëlblad omskep in see.

My liefde, is ‘n golfie.
Hoe meer ruimte - meer ontstuimig
raak my brander verlange.
Geen hindernis, geen stroom
te groot, te sterk
sal my ooit terughou - wegdryf
van die senterpunt.

Want iewers slaan branders vas
en keer weer t’rug
na waar - hul ontstaan eens was.

(terug)