![]() |
| Andre Venter |
|
1. Maar net ek.
|
|
Maar net ek. Ek sal dans vir jou, ek wil jou laat lag. Vir jou sal ek sterf vir jou, sal ek wag. Jou wens is my bevel. Om jou gelukkig te sien di’s my belonging. Di’s al wat ek verdien. Di’s maar net ek getooi met klokkies, op my geruite drag. Met my kan jy mors want, di’s maar net ek, ‘n Hofnar - jou gek. (terug) Golfies. Die ontmutting, was ‘n kleine plons op ‘n spieëlglad waterblad. Die golfies kring al verder - verderweg, van die senterpunt, waar hul ontstaan eens was. Watervlaktes oneindig groot di golfies kan al verder stoot. Oor hindernis en stroom tot hul later in branders draai en die spieëlblad omskep in see. My liefde, is ‘n golfie. Hoe meer ruimte - meer ontstuimig raak my brander verlange. Geen hindernis, geen stroom te groot, te sterk sal my ooit terughou - wegdryf van die senterpunt. Want iewers slaan branders vas en keer weer t’rug na waar - hul ontstaan eens was. (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Andre Venter hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |