![]() |
| Alke-Merique Fullard |
|
1. Ek wil weer lewe
|
|
Ek wil weer lewe Ek wil skree tot my asem op raak, My skouers optrek en wys dat niks my traak, Ek wil Hardloop tot my krag op raak, My skouers optrek en wys ek het nie ‘n saak, Ek wil Swyg tot my stem weg raak, My skouers optrek – alles net daar gelaat, Ek wil in die see swem tot my bekommernisse verdrink, My gedagtes skoon kry en vergeet van my ongebore kind, Ek wil my hart weg gooi en nuwe liefde vind, My verlede in die verlede hou, ‘n strik daarom bind, Ek wil moed he om kanse te waag, My voete dwing om vorentoe te stap al is hulle traag, Ek wil die benoudheid en vrees ban uit my maag, My brein dwing om die angs weg te jaag. Ek wil krag he om weer te kan lewe, My vyande te Vergewe, sewentig maal sewe, Ek wil uitsien na more, Ek soek weer ‘n rede, Na die toekoms te kyk en te vergeet van die hede, Ek wil ophou om van die onbekende te bewe, Ek wil... Ek wil weer lewe... (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Alke-Merique Fullard hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |