![]() |
| Alec Carte |
|
1. SKUIMBEK
|
|
SKUIMBEK Skuim om die mond, oë wild,vreemde mens Ek is skuldig aan niks-hoekom my wese kneus My wese se merke lê so diep. 'n kinderlewe kwyn Moeks! Moeks! waarom hoor jy nie die eggo skree? Klein spikkeltjie en spartelend in grote oseaan. Totaal en alleen op die ruwe lewensbaan... My hees roep my laaste krag absorbeer Steeds nie-sal die geskende afvlerk voeltjie gil My nie kon koester maar my wou hê.... Met merke op vlees en gees gelos... My hart gebreek het maar nie n klip geword Dierbare vriende wat my koester en lief... Die wat ek wou hê- maar nie kon kry Wel oorleef en vergeet, leemtes in my nie gevul Tere gedagtes nagelaat in lewens stryd geveg Soveel dinge beleef en oorleef, awesome en sterk Vader- steeds U tere aanraking voel Hunkering om U bo alles lief te hê in al die leed My steeds koester en innerlik gelukkig maak Die wat my wou breek en skaad....ek in U naam okay sal wees! (terug) HARMONIE More dou smeulende lila benewelde oë Uitdrukking so vaag en teer getooi Lippe geswolle in poeier appelkoos -so mooi Wenkbrou sweet wat ook die sprokies reis vertel Knus lê met asem snakke rustig en bedees Harmonie gevind in hortend asem teug In prentjie mooi pastel velkleur getooi Verwonderd oor intensiteit weer beleef Saam geflans in ritme van intense vreug Teer ekstase die wereld in newel laat kwyn Terug kom na oppervlak vir asem so hees Passie gevulde liggaam in oorgawe beswyk In tandem passie sweef op 'n wolkie van dons Wil my wese gil van liefde so intens maar broos Op ons strand uitspoel-drenkelinge en wees My hart vasklem aan wese so verruklik mooi (terug) MOEDER VAN MEKAAR BEWUS GERAAK MET DIE KLOP VAN BEIDE SE HART MET HARTE IN TANDEM HET MY OMGEE MOEDER SPOORTJIES KOM TRAP IN MY OPGROEI EMOSIE GROND-EN VANDAG MET VERLANGE HAAR ASEM MIS MOET EK OPKYK EN WONDER WANNEER ONS WEER SAL SIEN VANAAND ROEP EK NA JOU-MY MA,VANAAND IS DAAR N STUK BROOSHEID, WAT BROEI EN KOM NES MAAK IN MY BORS EN DIE ASEM UIT MY PARS MET VRAE STEEDS ONBEANTWOORD-MAAR WETEND DAT MOEDERS GEBEDE DIE VADER SE OË OP HIERDIE STUKKEND MENS LAAT FOKUS HET DIE VADER IN DIE HEMEL AG SLAAN OP OPREGTE MOEDERS GEBED EN SAGGIES EN TEER TRAP OP HIERDIE SOEKENDE SIEL DANKIE VADER-DANKIE MA-VANDAG DRA EK JOU GEBED VOORT NA N STUKKEND WERELD DAAR BUITE WAT OOK KREUN VAN LEED MY HART KLOP SAG EN GERUS-DAN KAN EK JAMMER EN DANKIE SE DIE TERUGKYK NA SKADE GEDOEN-OMRUIL VIR N TOEKOMS BLIK DIE TOEKOMS DEUR VADER GESE?N-N INKEER OOMBLIK AAN MA OPGEDRA EN KAN SE-DANKIE PA-DANKIE MA (terug) My JUK VERLIG Toe ek gele en gekreun het-was jou beste skop na my siel Toe ek gesteun het van leuns en laste deur jou gelaai Toe ek vergeet het hoe dit voel om ekke te wees Toe het ek getreur tot my hart wou skeur Vra ek jou enigsins om die waardes te toets Vra ek jou waar die mooi verdwyn het heen Vra ek jou waarom my binneste so steun Vra ek jou enige vrae wat jy ontken Weet ek jy kon my modder smeer Weet ek jy kon my naam verkrag Weet ek jy kon vir my angs krete lag Weet ek my gebede was deur jou verkrag Hier is ek nou met die vrede van God in my hart Hier is ek nou nadat ek jou alles vergewe het Hier is ek nou met kalmte op my gelaat Hier is ek nou met alles wat jy so haat (terug) KNERSENDE SKUILTE MET N SKUINS KOP, SKREIENDE SON IN EEN DOWWE OOG MOEDELOOS EN IN DIE PUT VAN SWARTGALLIGHEID BELOER HY DIE GEREEDSKAP WAT HANDE GENOEM WORD FLENTERS IN TANDEM MET SY DORRE SIEL WIE HET DAN HIERDIE BERG VOL DISTELS VOOR HOM KOM STAAN MAAK WIE BERAAM SY LEWENS ROETE ASOF HY BUITE SY EIE LYF MOET SWOEG WIE HET STIL,STIL IN SY LYF SOOS N KLAM ASEM ONGENOOID INGEKOM WIE TREK DIE TOUE IN SY ORGANE EN HUL BESLUITE OORNEEM GOLWENDE STUIPTREKKINGS VAN PYN EN RUKKEND UITING GEE EN AAN DIE DUN DRAADJIE VAN MENSWAARDIGHEID KLOU WEEREENS DIE LAWENDE MAANLIG WAT SY LEWENS UITKYK PAAI PARTYKEER SWOEGEND NA ALLES STAAR WAT OP HOM TEER MAAR STEEDS DIE LEWENS SWEET WAT IN GEBARSTE SIEL IN BRAND MAAR MET BORRELENDE LEWENS WATER DIE MOEDELOOSHEID WAT VAN TYD TOT TYD NES WIL KOM MAAK IN HIERDIE BESKERMDE KOKON VAN ERKENNING SAL OORLEEF (terug) |
| © Kopiereg - Karel Ark, Alle regte voorbehou. Alec Carte hou die kopiereg van die gedigte op hierdie bladsy. |