Adri Alberts
1. Wiegelied Vir 'n Winters Nag



Wiegelied Vir 'n Winters Nag
Slaap nou kindjie
in die winderige winters nag
soos die takke teen jou venster krap
soos die wind jou wiegelied sing
'n wiegelied vir 'n winters nag

laat die maanlig jou pad belig,
soos dit saggies val oor jou gesig
soos jou kussing jou wange soen
sal jy wegdryf soos jy altyd doen

jou vel so wit soos porselyn
kindjie, vergeet nou maar van al jou pyn
soos die osean jou bedjie wieg
sal jy deur jou drome flieg

soos kalmte soeitjies oor jou kruip,
die goedheid die kwaad versuip
'n lied met soveeel krag
'n wiegelied vir 'n winters nag

(terug)